Mormone
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Mormone (of Heiliges van die Laaste Dae) is mense wat in die Bybel en in die Boek van Mormon glo.

Joseph Smith het die Mormoonse kerk in 1827 gestig. Hy het beweer dat 'n engel (genaamd Moroni) aan hom verskyn het. Die engel het hom vertel dat hy uitverkies is om sekere goue plate te vertaal. Die Boek van Mormon, waarop die geloof berus, het so ontstaan.
Ná Smith se dood in 1844 is die Mormone deur Brigham Young gelei. Vandag is die meeste Mormone deel van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. Daar is egter ook onafhanklike en nie-praktiserende Mormone.
Utah is die sentrum van die Mormone se kulturele invloed. Noord-Amerika het meer Mormone as enige ander kontinent, al woon die meeste Mormone buite die Verenigde State.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
