From Wikipedia, the free encyclopedia
In Indiese gelowe is moksja/moksha (Sanskrit: मोक्ष) of moekti/mukti (Sanskrit: मुक्ति), wat letterlik "vrystelling" beteken (beide afgelei van die woordstam moek, "om los te laat, te laat gaan"), die vrystelling van samsara en die gepaardgaande lyding betrokke by die geknegdheid aan die kringloop van herhalende sterfte en hergeboorte.
Heelwaarskynlik is die moksja-konsep vir die eerste keer in Indië ontwikkel deur nie-Ariese mense buite die kastestelsel wie se geestesbeskouinge dan deurslaggewend op latere godsdienstige denkwyses in Indië was. Boeddhisme en Djainisme is voortsettings van hierdie tradisie, en die vroeë Oepanisjadiese beweging is daardeur beïnvloed. Hergeboorte is waarskynlik van hierdie godsdienskultuur oorgeneem deur die Brahmin-ortodoksie. Die vroegste bekende geskrifte met hierdie konsepte is deur die Brahmins opgestel in die vroeë Oepanisjads.[1][2][3][4][5][6][7][8]
Daar is drie hoofsieninge rakende moksja in Wedanta-filosofie.
Volgens Advaita Wedanta, gaan verkryging van die bevryding gepaard met die besef dat die Atman (persoonlike siel van 'n persoon) identies is aan die Brahman, die oorsprong van alle geestelike en ervaringsbestaan. Die onderskeid tussen die "self" en die "eie liggaam" word beklemtoon; die Neti neti ("nie dit, nie dat") leermetodiek word aanvaar. Moksja word gesien as die finale bevryding van 'n persoon se wêreldse selfbeskouing en 'n losmaking van die boeiende ervaringsdualiteit, asook die besef van die onderliggende eienatuur: sat (die ware wese), cit (die suiwer bewussyn) en ananda, die oorstelpende belewenis, verhewe bo sintuiglike ervaring (sien satcitananda).[9] Adwaita voer aan dat die Atman, Brahman en Paramatman almal een en dieselde is – naamlik die vormlose Nirgoena Brahman, 'n konsep gunter die tasbare, begrypbare of die onderskeid tussen die eksistente en nie-eksistente.
In die Dvaita (dualisme) en Wisjista-dvaita (gekwalifiseerde monisme) skole van die Waisjnawa-tradisies, word moksja gedefinieer as die minsame, ewige unie met god (Isjwara) wat as die mees volmaakte bestaan geag word. Die bhakta (toegewyde) behaal die verblyfplek van die opperheer in 'n vervolmaakte toestand, maar behou sy of haar indiwiduele identiteit, met 'n vergeestelike vorm, persoonlikheid, smake, tydverdrywe, ensomeer.
In Hindoeïsme, is atma-djnana (selfbesef) die sleutel tot die verkryging van moksja. Die Hindoe is iemand wat een of meer vorme van Joga beoefen - Bhakti, Karma, Djnana, Radja – wetend dat god onbeperk is en in vele verskillende vorme bestaan, beide persoonlik en onpersoonlik.
Daar word geglo in vier Jogas (dissiplines) of margas (weë) vir die verkryging van moksja. Dit is naamlik: werksaamheid vir die opperwese (Karma Yoga), besef van die opperwese (Djnana Joga), meditering oor die opperwese (Radja Joga) en diens aan die opperwese in misname toewyding (Bhakti Joga). Verskillende skole in Hindoeïsme plaas verskillende klem op een pad of die ander, waarvan enige van die beroemdstes die tantriese en jogiese praktyke is, wat elke in Hindoeïsme ontwikkel is.
Wedanta-benaderings word verdeel tussen streng nie-dualiteit (advaita), nie-dualiteit met kwalifikasie (soos wisjisjta-dvaita), en dualiteit (dvaita). Die sentrale middel tot moksja wat deur hierdie drie vertakkings aanbeveel word, verskil.
'n Persoon moet moksja op sy of haar eie verkry, met die leiding van 'n goeroe. 'n Goeroe of 'n siddha inspireer maar tree nie tussenbeide nie.
In die toestand van moksja of moekti, is volslae vrede (sjanti) geleë, asook volslae kennis (wiweka), en volslae verligting (kaiwalja). Paradys (svarga) word gesien as 'n plek van tydgebonde attraksies wat deur die soeker vermy moet word ter wille van die navolging van die deurslaggewende doelwit van unie / samespanning met die opperwese deur Joga. In werklikheid, sou selfs die verkryging van tussentydse spirituele kragte (siddhis) vermy moet word, aangesien dit as struikelblokke kan meewerk in aanloop tot uiteindelike bevryding, moekti.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.