Mississauga
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mississauga [ˌmɪsɪˈsɑgə] is 'n stad in die Streeksmunisipaliteit Peel van die Kanadese provinsie Ontario en met 713 443 inwoners (volgens die sensus van 2011) die sesde grootste munisipaliteit in die land. Mississauga, wat in 1974 as 'n stad geïnkorporeer is, maak deel uit van die metropolitaanse gebied van Groter Toronto en word deur 'n vinnige bevolkingsgroei gekenmerk - sy bevolking het in elkeen van die laaste twee dekades bykans verdubbel. Hierdie groei is aan Mississauga se ligging naby die stadsgebied van Toronto te danke.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Kanada |
Provinsie | Ontario |
Koördinate | 43°36′N 79°39′W |
Stigting | 1968 (as 'n dorp) |
Inkorporasie | 1974 (City of Mississsauga) |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 288,42 vk km |
Hoogte bo seevlak | 173 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011-sensus) | 713 443 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 439,9/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 5 113 149 (Toronto CMA) |
Tydsone | UTC -5 (Oostelike tyd) |
Burgemeester | Hazel McCallion |
Amptelike Webwerf | www.mississauga.ca |
Die internasionale lughawe van Toronto, Lester B. Pearson International Airport, is hoofsaaklik in die stadsgebied van Mississauga geleë. Sy sentrale besigheidsdistrik, een van die grootstes in die land, behels die Kanadese hoofkwartiere van multinasionale maatskappye soos Microsoft, Pepsico, General Electrics, Fujitsu en Wal Mart, asook baie ander ondernemings wat as Fortune 500-maatskappye gelys word.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.