plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Kougoed, ook: kanna, hotnotskougoed (Mesembryanthemum tortuosum) is 'n plant uit die vygiefamilie wat voorkom in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap. Op die SANBI-rooilys word dit as veilig (LC) gelys.[1]
Kougoed, Kanna | |
---|---|
Kougoed | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Mesembryanthemum |
Spesie: | M. tortuosum |
Binomiale naam | |
Mesembryanthemum tortuosum (L.) N.E.Br. | |
Sinonieme | |
|
Die plant vorm slank takkies wat kruip of klim en wat met ouderdom houtig kan word. Die blomme word 2-3 cm groot en is bleekgeel of -pienk. Hulle word deur insekte bevrug. Die vrug is 1-1,5 cm groot en gaan oop wanneer dit vogtig is. Dit kom op kwartsgrond voor.[2]
Die plant is veral bekend vir sy gebruik as dwelmmiddel wat neerslagtigheid demp. Die Khoi en die Boesmans het dit reeds gebruik.[3] Vandag word dit wetenskaplik ondersoek en bestaan daarvan 'n gestandaardiseerde ekstrak wat Zembrin genoem word. Daar is aanwysings dat dit PDE4 en die heropname van 5-HT (serotinien) inhibeer.[4] Een van die aktiewe stowwe is die alkaloïed mesembrien.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.