From Wikipedia, the free encyclopedia
Die ysplantjie of soutslaai[2] (Mesembryanthemum crystallinum) is een van die bekendste vygies. Saam met party ander spesies uit die Mesembryanthemum-genus word dit ook brakslaai genoem. Die naam ysplantjie verwys na die blaasselle waarmee die plantjie bedek is en waardeur dit lyk asof dit met yskristalletjies bedek is.
Ysplantjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Mesembryanthemum |
Spesie: | M. crystallinum |
Binomiale naam | |
Mesembryanthemum crystallinum L., (1753) | |
Sinonieme | |
|
Dit is eetbaar en is vroeër dikwels deur die Khoi en die Boesmans geëet.[3] Dit is inheems aan Suid-Afrika, maar is nou oor die wêreld verspei, soos in die Middellandse Seegebied.[4] Die ysplantjie is ook 'n indringerplant in Kalifornië, Arizona en Pennsylvanië.[5] Dit is 'n meerjarige halofitiese plant wat 10 cm hoog en 50 cm breed kan word. Dit kry wit blomme met talle blomblare wat deur insekte bestuif word.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.