From Wikipedia, the free encyclopedia
Meiendorfer SV is 'n sportklub uit die stadstaat Hamburg in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer pluimbal, ballet, basketbal, handbal, hapkido, judo, karate, gimnastiek, atletiek, qigong, dans, tafeltennis, vlugbal en joga. Meiendorf is 'n wyk van die oostelike Hamburgse stadsdeel Rahlstedt en was tot 1927 'n onafhanklike dorp.
Volledige naam | Meiendorfer Sportverein von 1949 e.V. |
Stigtingsdatum | 17 Junie 1949 |
Tuisveld | Stadion Meiendorf, Hamburg |
Kapasiteit | 2 500 |
Kompetisie | Oberliga Hamburg |
Die klub is op 17 Junie 1949 as 'n suiwer sokkerklub gestig. Die klubtrui was aanvanklik swart met 'n geel kenteken, maar aangesien skeidsregterstruie destyds altyd swart was, het die klub later op geel truie met 'n swart kenteken besluit.
Die klub het sy grootste prestasie in 1988 behaal toe hy die hoofrondte van die DFB-Pokal gehaal het. Die klub is toe in die eerste rondte deur OT Bremen met 1-0 uitgeskakel.
|
|
Oberliga Hamburg 2009/10-seisoen | |
Altona 93 - HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – TSV Buchholz 08 – |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.