rivier in wat vloei in Zimbabwe en Mosambiek From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Mazowerivier (tot 1980 bekend as die Mazoerivier) is 'n rivier wat in Zimbabwe en Mosambiek vloei. Mazowe beteken ‘’plek van die olifante’’.
Die rivier ontspring noord van Harare op 'n hoogte van nagenoeg 1 300 m bo seevlak. Dit vloei noord, daarna noordooswaarts deur wye en vrugbare valleie waar met tabak, lemoene en mielies geboer word en mynbou plaasvind. 'n Deel van sy loop vorm die landsgrens en gaan daarna Mosambiek binne op Zimbabwe se mees noordoostelike punt. Net suid van Tete loop dit in die Luanharivier wat nog 40 km verder in die Zambezirivier uitmond.
Die opvanggebied van die Mazowe is sowat 39 000 vierkante kilometer. Die belangrikste sytakke is die Nyaguwerivier en die Nyadirerivier. Hierdie rivierstelsel is baie gewild by gouddelwers. In die reëntyd rig die rivier dikwels skade aan op plase en nedersettings aan die oewers. Knap noord van Harare is die Mazowedam.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.