From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Boggel-snapper (Lutjanus gibbus) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Humpback snapper.
Boggel-snapper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | Lutjanus |
Spesie: | L. gibbus |
Binomiale naam | |
Lutjanus gibbus | |
Sinonieme | |
Die profiel van die kop is sterk konkaaf wat die vis sy naam gee. Die volwasse vis is donker rooibruin en die onvolwasse vis is ligrooi tot blou grys. Die stertvin is gevurk maar die punte is rond. Die vis word tot 50 cm lank.
Die vis leef in koraalriwwe in water wat 3–150 m diep is maar word selde dieper as 30 m gesien. Die onvolwasse vis kom in seegras en wortelboom areas voor. Die vis vreet snags en vreet wel vis, krap, garnale en slakke. Die vis is redelik onaftief bedags en kom in skole voor. Volwassenheid word bereik wanneer die vis 26-31 lank word. Hulle broei in tropiese areas.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Lutjanus gibbus. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.