Lovurivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Lovurivier (voorheen bekend as Illovorivier) is 'n rivier wat in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, vloei.
Hierdie rivier ontspring wes van Richmond en het 'n opvanggebied van nagenoeg 830 km². Dit loop tussen die Umlazirivier en die Mkomazirivier (Umkomaasrivier) en mond uit by die strandoord Illovo Beach by Winklespruit, ongeveer 30 km suid van Durban.
Die water word vir huishoudelike gebruik langs die Natalse suidkus aangewend en in die laer loop vir die besproeiing van die suikerrietlande. Die rivier en die strandoord is genoem na die mlovo-bome wat op die rivieroewer groei.
Remove ads
Sytakke
- Sandspruit
- Kwabontshisi
- Kwadungamanzi
- Kwadwengu
- Kwampangisa
- Kwaqumbu
- Mahlabatini
- Mbhantshi
- Mbondlongweni
- Mgoqozi
- Mgugu
- Mgwahumbe
- Mkhumbane
- Mzimpunzi
- Ngweazana
- Nakatha
- Nungwane
- Tenjane
- Wubwini
Bibliografie
- Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 6. Kaapstad: Nasou, 1972. ISBN 0-625-00322-5
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
