Die loefkant of loef is die kant op 'n seilskip waar die wind vandaan kom in teenstelling met die lykant oftewel die kant waarna die wind waai. 'n Seilskip word loefgierig genoem as dit geneig is om teen die wind in te draai as die roer losgelaat word. Die meeste seilskepe is effe loefgierig.
'n Seilskip wat by 'n ander skip verbyseil sal dit by voorkeur aan die loefkant doen, sodat die ander skip die vuil wind en die daarmee gepaardgaande verlies aan vaartsnelheid ervaar.
Die gesegde, om iemand die loef af te steek beteken dus om iemand voor te wees, te oortref of verby te steek.
Sien ook
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.