chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Litiumnitried is 'n verbinding van litium en stikstof in sy -3 oksidasietoestand. Die chemiese formule is Li3N
Algemeen | |
---|---|
Naam | Litiumnitried |
Sistematiese naam | Litiumnitried |
Chemiese formule | Li3N |
Molêre massa | 34,83 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 26134-62-3[1] |
Voorkoms | Rooibruin vastestof[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=365,8 pm; c=387,4pm[2] |
Ruimtegroep | P6/mmm[2] |
Nommer | 191 |
Smeltpunt | 840-850 °C[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 1,3 [g/cm3] @ 25 °C[1] |
Oplosbaarheid | reageer met water[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
α-Li3N word uit die elemente gevorm by 400°C. Dit kristalliseer in 'n gelaagde heksagonale struktuur. Lae met Li2N wissel met suiwer litiumlae af in die c-rigting.[3]
β-Li3N word by drukke hoër as 0,4-1 GPa gevorm. Dit kan by 4 GPa in suiwer vorm verkry word en is metastabiel by kameromstandighede, maar dit skakel weer om na α-Li3N by verhitting tot 500 °C. Dit het 'n heksagonale struktuur met 'n ander simmetrie (ruimtegroep P63/mmc). Dit het ook lae, maar die samestelling van die nitriedlae is LiN. [3] β-Li3N se struktuur is in teenstelling tot die α-fase s'n gebaseer op heksagonale digpakking. Wat as Li3N verhandel word is dikwels 'n mengsel van α-fase en β-fase.[4]
Bo 36-45 GPa word γ-Li3N gevorm. Dit het 'n kubiese struktuur.[3]
α-Li3N het 'n bandgaping van 1,81(1) eV en β-Li3N 2,14(1) eV.[3]
α-Li3N is 'n superioniese geleier met 'n ioniese geleibaarheid van ~ 6 10-3 S/cm. Sy Young se modulus is hoog. [1]
Litiumnitried (α-fase) reageer tussen 170 en 210 °C met waterstof volgens:[4]
Die tweede stap, die vorming van litiumamied LiNH2 uit litiumimied Li2NH verloop reeds by laer temperature.
Die reaksie kan teen hoër temperature omgekeer word en waterstof opnuut vrygestel. Die teenwoordigheid van litiumhidried is egter belangrik, omrede van die ontbinding van die amied in die imied, wat ammoniak vrystel volgens:
Dit word as materiaal gebruik om waterstof te stoor en as materiaal wat in organiese liggewende diodes (OLEDs) elektrone injekteer. Dit is ook 'n grondstof vir die produksie van litiumioonbatterye.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.