Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Lipied is 'n tipe molekule wat nuttig is in biologie. Vette bestaan ook uit lipiedmolekules. Lipiede is olierig of vetterig en bronne kan gevind word in alge, sade, vleis, kaas, botter en vis. Lipiede is lang kettings van koolstof- en waterstofmolekules en word as eenvoudig of kompleks geklassifiseer. Voorbeelde van komplekse molekules is steroïede en fosfolipiede.
Lipiede is belangrike verskaffers van essensiële vetsure, wat onontbeerlik is vir die liggaam om nuwe selle te vorm. Dit is verder nodig aangesien Vitamien A, D, E en K vetoplosbaar is en hul absorpsie in die liggaam slegs kan plaasvind waar genoegsame lipied teenwoordig is.
'n Belangrike biologiese funksie van lipiede is die vorming van lipied-dubbellae, die basis van die meeste selmembrane. Nog 'n funksie van lipiede is om as 'n energiereserwe in die liggaam te dien.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.