Die Nasionale Orde van die Erelegioen of Ordre national de la Légion d’honneur is die hoogste orde wat deur die Franse president toegeken kan word en is gestig deur Napoleon Bonaparte op 19 Mei 1802. Die orde se leuse is Honneur et Patrie ("Eer en Vaderland") en die hoofkwartiere is in die Palais de la Legion d’Honneur op die oewer van die Seine-rivier in Parys.

Thumb
Medalje van die Erelegioen

Agtergrond

Gedurende die Franse Rewolusie was al die aristokratiese ordes en titels van Frankryk verban en wou Napoleon 'n nuwe orde skep, selfs al was adellike ridderskappe nie na sy smaak nie. Alhoewel die orde oorspronklik slegs vir mans bedoel was, is vroue in 1852 toegelaat om lede te word, danksy President Louis-Napoleon Bonaparte (later Napoleon III). Die Legioen was die eerste orde wat die toekenning daarvan op meriete gebaseer het. Koning Lodewyk 17de het die embleem van die orde verander deur Napoleon en sy arend met die Fleur de lys te vervang.

Struktuur van die Orde

Die Franse president is die Hoofmeester van die orde en stel persoonlik nuwe lede aan.

  • Hoofmeester Nicolas Sarkozy
    • Hoofkanselier Jean-Pierre Kelche
      • Sekretarisgeneraal Jacques Carrere

Die Legioen het 6 klasse:

Grand-Maître (Hoofmeester - die Franse president)

Grand-Croix (Hoofkruis)

Grand Officier (Hoofoffisier)

Commandeur (Kommandant)

Officier (Offisier)

Chevalier (Kavalier)

Ordetoekennings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.