From Wikipedia, the free encyclopedia
Kwekwe (voorheen Que Que) is 'n dorp in Zimbabwe, presies 220 km van Harare sowel as Bulawayo aan die hoofpad en spoorlyn tussen die twee stede geleë. Die beraamde bevolking in 2009 was 98 712, drie keer meer as die 1969-sensussyfer van 32 880, waarvan swartes 29 240, wittes 3 153, Asiërs 287 en bruines 202 was.
Kwekwe (vroeër Que Que) | |
---|---|
Byname: kwelakwela | |
Koördinate: 18°55′0″S 29°49′0″O | |
Land | Zimbabwe |
Provinsie | Midlands |
Stigting | 1898 |
Regering | |
• Burgemeester | Stefan Bonyongwa |
Hoogte | 1 220 m (4 000 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 99 149 |
• Metro | 70 700 |
Tydsone | UTC+2 (SAT) |
Poskode | 055 |
Webwerf | kwekwecity.org.zw |
Die dorp het sy ontstaan in 1902 gehad in 'n ryk goudgebied. Die Globe and Phoenix-myn aan die rand van die dorp het 'n groot rol in sy ontwikkeling gespeel. Die myn het die eerste goeie watervoorsiening in 1910 verskaf en elektrisiteit in 1914. Kwekwe het in 1934 dorpstatus verkry.
Voor die ontwrigting van die dekade na 2000 was Kwekwe die bedrywige middelpunt van 'n bees en gemengde boerderygebied, hoewel die mynbou steeds 'n belangrike rol speel. Koper, goud, yster, kalksteen, kwarts en silika word in die omgewing ontgin. Die ysterertsmyne en staalaanleg op Redcliff is net 14 km ver geleë.
Tydens die jare sestig en sewentig het Kwekwe snel uitgebrei as vervaardigingsentrum, veral vir bedrywe wat op staal en chroom gegrond was.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.