From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kompanjiestuin in die sentrum van Kaapstad is die oudste openbare tuin in Suid-Afrika. Dit is amptelik in 1652 deur Hollandse settelaars gestig met die doel om voedsel te lewer, maar is 160 jaar gelede aan die publiek vir vrye besoek oopgestel. Bykomend tot die rusbanke onder die reuse bome, sluit die Kompanjiestuin se besienswaardige bates verskeie histories en botanies waardevolle bome, 'n roostuin, 'n kruietuin, 'n visdam, 'n voëlhok, en 'n teehuis in. Van historiese belang is die Dellville Wood-gedenktuin, wat die lewensverlies van duisende Suid-Afrikaanse soldate gedurende die Eerste Wêreldoorlog in Frankryk herdenk. Die Kompanjiestuin is 'n gewilde oord waar opvoedkundige en kulturele gebeurtenisse gehou word en staan ook bekend as 'n bestemming waar troufoto's geneem word.
Besienswaardighede in die Kompanjiestuin | |||||||||
Regs langs die Kompanjiestuin:
Nabygeleë:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.