From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Koetsier (Heniochus acuminatus) is 'n vlindervis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. Die onvolwasse vissies kom voor tot by Mosselbaai. In Engels staan die vis bekend as die Coachman.
Koetsier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Heniochus |
Spesie: | H. acuminatus |
Binomiale naam | |
Heniochus acuminatus (Linnaeus, 10de uitgawe van Systema Naturae, 1758. | |
Die vis word tot 25 cm lank en kom in koraal- en rots riwwe voor, in water van 2 – 75 m diep. Die liggaam is wit met twee breë, vertikale swart bande oor die liggaam. Die dorsale vin is verleng om 'n lang, wit banier te vorm wat verby die stertvin gaan en die vis kan in akwariums oorleef.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.