Kia Cee'd
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kia Cee'd is 'n kompakte motor wat sedert 2006 deur die Suid-Koreaanse motorvervaardiger Kia Motors uitsluitlik vir die Europese mark vervaardig word. Dit is vrygestel in Desember 2006 en vervang die Kia Spectra. Dit is beskikbaar as 'n vyfdeurluikrug, 'n driedeurluikrug (Pro cee'd) en 'n vyfdeur-estate (Cee'd SW), met 'n keuse van vier enjins (twee petrol en twee diesel), vyf afwerkingsvlakke (1, 2, 3, 4 en 4 Tech - voorheen S, GS, LS en SR) en 'n hand- of outomatiese ratkas.
Die Cee'd is Kia se eerste Europees-ontwerpte en -geboude motor en Kia is van voorneme om die motor uitsluitlik in Europa te vervaardig en verkoop. Om die geleentheid te merk, het Kia die voorletters van die Europese Ekonomiese Gemeenskap, EEG of CEE in sommige plekke en ED vir European Design bygevoeg. Nadat besef is dat "CEEED" te veel E's bevat, is die laaste "E" met 'n apostroof vervang, met "Cee'd" die eindresultaat.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.