From Wikipedia, the free encyclopedia
Khmer (ភាសាខ្មែរ, [pʰiːəsaː kʰmaːe] of meer formeel ខេមរភាសា [kʰeɛmaʔraʔ pʰiːəsaː]), soms ook Kambodjaans genoem, is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur sowat 14 miljoen mense in Kambodja, Viëtnam, Thailand en Laos gepraat word. Khmer is die amptelike taal van Kambodja en is verwant aan Viëtnamees. Dit is ná Viëtnamees die tweede mees gesproke Austro-Asiatiese taal en die vierde belangrikste inheemse taal van Indo-China ná Viëtnamees, Thai en Birmaans. Khmer word in die Khmer-skrif geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie.
Khmer ភាសាខ្មែរ / ខេមរភាសា | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Kambodja Viëtnam Thailand Laos | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 14 miljoen (moedertaal) 1 miljoen (tweede taal)[1] | |
Taalfamilie: | Austro-Asiaties Mon-Khmer Khmer | |
Skrifstelsel: | Khmer-skrif | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Kambodja | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | km | |
ISO 639-2: | khm | |
ISO 639-3: | khm | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die alternatiewe benaming van die Austro-Asiatiese tale – Mon-Khmer-tale – is van die twee tale Mon en Khmer afgelei.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.