Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kerk van Griekeland (Grieks: Ἐκκλησία τῆς Ἑλλάδος, Ekklisía tis Elládos) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk wat in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke is. Die primaat van die kerk het die titel Aartsbiskop van Athene en die Hele Griekeland.
Kerk van Griekeland | ||
Die Sint Demetrius-kerk in Thessaloniki. | ||
Moederkerk | Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel | |
Stigtingsjaar | 1833 | |
Stigter | Otto van Griekeland | |
Status | Outokefaal | |
Kerkleiding | ||
Hoof | Ieronymos | |
Hoof se titel | Aartsbiskop van Athene en die Hele Griekeland | |
Setel | Athene, Griekeland | |
Besonderhede | ||
Liturgie | Bisantyns | |
Liturgiese taal | Grieks | |
Kalender | Hersiene Juliaanse kalender | |
Gelowiges | 10 miljoen | |
Bisdomme | 81 | |
Webtuiste | ||
http://www.ecclesia.gr |
Die naam moenie verwar word met die term Grieks-Ortodokse Kerk, wat na verskeie kerke binne die Oosters-Ortodokse Kerk verwys, nie.
Die Kerk van Griekeland se gebied is beperk tot die land se grense voor die Balkan-oorlog van 1912–1913. Die res van Griekeland val onder die jurisdiksie van die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel. Vir praktiese redes word van laasgenoemde gemeentes de facto deur die Kerk van Griekeland geadministreer volgens ’n ooreenkoms met die Patriargaat van Konstantinopel.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.