Joya de Cerén
From Wikipedia, the free encyclopedia
Joya de Cerén (Spaans vir "Juweel van Cerén") is 'n antieke argeologiese Majaterrein in die department La Libertad in El Salvador, sowat 35 km noordoos van die hedendaagse hoofstad San Salvador. Dit kenmerk 'n onder lae van vulkaniese as amper merkwaardig bewaarde Voor-Colombiaanse boeredorp. Daarna word dikwels verwys as "Pompeji van die Amerikas", in vergelyking met die bekende Antieke Romeinse ruïnes.
Argeologiese terrein Joya de Cerén* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
'n Uitsig oor die Majaterrein van Joya de Cerén | |
Ligging van Joya de Cerén in El Salvador | |
Koördinate: 13°49′39″N 89°22′09″W | |
Lande | El Salvador |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | iii, iv |
Verwysings | 675 |
Streek† | Noord-Amerika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1993 (17de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Deur 'n klein boeregemeenskap bewoon so vroeg as 1200 v.C.,[1] is Cerén aan die suidoostelike kant van die kulturele Majagebied geleë. Dit is in 200 n.C. ontruim weens die uitbarsting van die vulkaan Ilopango, en is nie vroeër herbevolk as 400 n.C. nie. Dit was in die tyd van sy finale ontruiming 'n sytak van die nabygeleë San Andrés.
Rondom die jaar 590[2][3] het 'n ander nabygeleë vulkaan, Loma Caldera, uitgebars en die dorp onder 14 lae se as begrawe. Die dorpenaars was blykbaar in staat om betyds te vlug – geen lyke is gevind nie – alhoewel hulle gereedskap, keramiek, meubels, en selfs half-geëet kos in hul haas om te ontsnap agter gelaat het. Die terrein het besonders goed bewaar gebly as gevolg van die lae temperatuur van die as en se baie vinnige val, 'n 4 tot 8 meter dikke laag het die dorp binne ure bedek.[4]
Die terrein is in 1976 onwetend deur 'n stootskraper bestuurder, wie grond vir 'n landbouprojek van die regering nivelleer het, ontdek. Dit is in 1978 en 1980 noukeurig ondersoek deur Payson Sheets, 'n professor van Antropologie aan die Universiteit van Colorado Boulder, waarna die werk op die terrein onderbreek is deur burgerlike twis en oorlogvoering. Die uitgrawings is voortgesit in 1988 en het sedertdien voortgegaan. Sowat 70 geboue is uitgegrawe, insluitend skure, kombuise, woonkwartiere, werkswinkels, 'n godsdienstige struktuur en 'n gemeenskaplike sauna.
Miskien selfs meer belangrik as die geboue self is paleoethnobotaniese oorblyfsels wat op die terrein gevind is. Die lae temperatuur van die nat as van Loma Caldera, sowel as sy vinnige val, verseker die bewaring van baie van die plantmateriaal. Van groot belang was die ontdekking van maniokvelde, die eerste keer dat verbouing van maniok op 'n argeologiese terrein in die Nuwe Wêreld gevind is.[5] Hoewel die maniok lankal ontbind het, het navorsers gips-gooi deur die gevolglike holtes in die as in te vul geskep. Die boere het die maniok "net ure" voor die uitbarsting geplant.[5]
Joya de Cerén is in 1993 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.