Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Estadio José Amalfitani is 'n sportstadion geleë in die Liniers omgewing van Buenos Aires, Argentinië, naby Liniersstasie. Die stadion is die tuiste van die Argentynse sokkerklub Vélez Sársfield en is ook bekend as El Fortín de Liniers of Vélez Sarsfield.[2] Die Estadio José Amalfitani is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 vir drie groepwedstryde gebruik.[3]
José Amalfitani-stadion | ||
Bynaam | El Fortín | |
---|---|---|
Volle naam | Estadio José Amalfitani | |
Ligging | Avenida Juan B. Justo, 8900, Buenos Aires, Argentinië[1] | |
Koördinate | 34°38′7.35″S 58°31′14.56″W | |
Eienaar | Club Atlético Vélez Sársfield | |
Kapasiteit | 49 540 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1947–1951 | |
Geopen | 22 April 1951 | |
Uitgebrei | 1978 | |
Huurders | ||
Vélez Sársfield (1943–hede) Jaguares (2016–hede) |
Die Estadio José Amalfitani is die tuisstadion van die Jaguares, 'n Argentynse superrugbyspan gebaseer in Buenos Aires. Die stadion huisves ook gereeld toetswedstryde van die Argentynse nasionale rugbyspan (die Los Pumas).
Met die Springbokke se besoek aan Argentinië in November 2005 by Vélez Sársfield, het hulle teen 'n sterk Pumaspan te staan gekom. Die Pumas het halftyd met 20–16 voorgeloop, voor hulle in die tweede helfte verswak, en die onderspit gedelf het met 34–23.
In die tweede toets in 2006 teen Wallis, by Vélez Sársfield, het die Pumas met 45–27 geseëvier, Argentinië se grootste oorwinning ooit oor Wallis. Los Pumas se volgende gaste was die wêreld se topspan, die All Blacks, op Vélez Sársfield. Die All Blacks oorleef 'n Pumas-aanslag in die laaste minute om met 25–19 te wen, en Argentinië van 'n groot opskudding te ontneem.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.