Die Jesuïete (Societas Jesu) is 'n Roomskatolieke orde wat in 1540 deur die Baskiese edelman Ignatius van Loyola gestig is. Die huidige pous Fransiscus behoort tot hierdie orde.
Soos ander relgieuse ordes lê die lede 'n gelofte van armoede, kuisheid en gehoorsaamheid af en predik hulle en verleen die sakramente. Hulle reis ook soos ander ordes na ander lande as missionarisse. 'n Belangrike verskil met ander ordes is dat hulle omtrent 10 jaar na hulle stigting begin het om lekestudente te onderrig. Dit het geen ander orde voor hulle gedoen nie. Hulle het ook digters, astronome, argitekte, antropoloë en ondernemers in die toneelwêreld geword.[1]
1491 - Geboorte van Ignatius van Loyola
1521 - Slag van Pamplona. Ignatius raak gewond en dit begin sy bekering.
1534 - Ignatius en ses ander studente van die Universiteit van Parys lê die gelofte af om na Jerusalem te gaan
1540 - Amptelike goedkeuring van die Societas Jesu deur pous Paulus III
1542 - Francis Xavier kom in Indië aan.
1547 - Portugese Jesuïete bereik Brasilië
1548 - Jesuïete open hulle skool in Messina, Italië
1556 - Ignatius sterf in Rome
1558 - Die Eerste Algemene Kongregasie keur die Konstitusies goed. Diego Laínez word Igantius se opvolger
1583 - Die Jesuïete Matteo Ricci en Michele Ruggieri bereik China
1614 - Jesuïete en ander missionarisse word uit Japan geban. Die Monita Secreta word gepubliseer