From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Javaanse kat is ’n langharige, Oosterse tipe katras en staan ook bekend as die Mandarynse kat of Oosterse langhaarkat. Die kat het geen verbintenis met die eiland Java nie.
Javaanse kat | ||||
Alternatiewe naam | Mandarynse kat Oosterse langhaarkat | |||
Land | VSA | |||
Ontstaan | Kruisras | |||
Soort lyf | Oosters | |||
Pels | Lank | |||
Patroon | Kleurpunt | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
Nota: Word deur die meeste katverenigings beskou as ’n soort Balinese kat of ’n langharige weergawe van die Oosterse korthaarkat. | ||||
|
Toe Amerikaanse kat-telers probeer het om ’n langharige weergawe van die Siamese kat te ontwikkel, het hulle die Balinese kat geskep. Die Javaanse kat het as ’n soort neweproduk van dié teelprogram ontstaan. In 1979 het die Cat Fanciers' Association in Amerika die Javaanse kat as ’n aparte ras erken. Ander verenigings beskou dit as ’n variant van die Balinese kat.
Die kat het ’n sagte enkellaag hare en die stert vorm ’n pluim.[1] Die enigste onderskeid tussen die Javaanse en Balinese kat lê in die kleure van die pels.[2] Die Javaanse kat het die kleure van die Oosterse korthaarkat en word dus dikwels beskou as ’n langharige weergawe daarvan.
Die kat raak nes ander Oosterse katte geheg aan een mens. Hulle miaau graag om hul eienaars te laat weet hoe hulle voel.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.