Dr. James Barry (c. 1795–1865) was 'n militêre chirurg in die Britse Leër. Hy is in Ierland gebore. Sy ouers is onbekend, hy was egter verwant aan die skilder, John Barry. Hy studeer in die medisyne in Edenburg, sluit in 1813 by die Britse Leër aan as hospitaal-assistent en word in 1815 bevorder tot assistent-chirurg. Hy kom in die Kaapkolonie aan waar hy tot 1825 bly en word in 1827 majoor-chirurg. Hy gaan na Mauritius in 1828. As 'n uiters bekwame geneesheer het hy die fondament gelê van moderne hospitaaldienste, van die Mediese Raad en het selfs begin met opleiding van vroedvroue. Sy kort humeur het daartoe gelei dat hy aan 'n tweegeveg aan die Kaap deelgeneem het. In 1859 word hy Inspekteur-generaal en is in 1865 oorlede.
James Barry | |
---|---|
Barry (links) met John, 'n bediende, en Barry se hond Psyche, c. 1862, Jamaika | |
Gebore | ca. 1795 |
Sterf | 25 Julie 1865 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Chirurg |
Bekend vir | mediese hervormings, eerste suksesvolle keisersnee in Afrika |
Later het die storie die rondte gedoen dat 'n nadoodse ondersoek aan die lig gebring het dat Barry 'n vrou was. In 1965 het prof. Percival Kirby van Grahamstad egter mediese dokumente van die Britse departement oorlog gepubliseer wat bewys het dat hy 'n man was ten spyte van sy tweeslagtige (hermafroditiese) bou en voorkoms.
Bron
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie James Barry.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.