From Wikipedia, the free encyclopedia
Vaalswaer was die skuilnaam van Izak van Heerden (1870–1958), sekretaris van die Afrikaanse Taalgenootskap wat in 1905 in Pretoria onder leiding van Gustav Preller gestig is om die Afrikaanse taal te bevorder, en skrywer van vele bydraes vir Die Brandwag wat later in boekvorm gepubliseer is.
Izak van Heerden | |
Geboorte | 1870 Cradock |
---|---|
Sterfte | 27 Februarie 1958 Potgietersrus |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | Stigterslid van die Afrikaanse Taalgenootskap |
Huweliksmaat | Hester Debora Maria Rabie |
Izak Johannes van Heerden was in 1870 in die distrik Cradock gebore, waar hy op ’n plaas in die Sneeuberge grootword. Sy skoolopleiding ontvang hy plaaslik in Engels. Hy gaan later na Pretoria, waar hy aanvanklik in ’n prokureurskantoor werk[1] Hy ontmoet vir Hester Debora Maria Rabie, die latere bekende Tannie van Die Brandwag, in Pretoria en hulle is in 1897 getroud. Die huwelik is kinderloos. Hy is op 13 Desember 1905 in Pretoria saam met onder andere Gustav Preller ’n stigterslid van die Afrikaanse Taalgenootskap, by welke vergadering hy ook as sekretaris op die bestuur verkies word.[2] Tot en met die ondergang van Die Brandwag in 1922 wy hy hierna tesame met sy werkspligte baie van sy tyd aan die taalstry[2] Saam met sy vrou trek hy in 1922 vanaf Pretoria na Potgietersrus. Hy is op 27 Februarie 1958 oorlede[3]
Reeds in 1905 skryf hy die gedig Een van sin om die taalstryd te bevorder. Hierdie gedig word op 19 Oktober 1905 in De Afrikaner in Pietermaritzburg gepubliseer en ook deur Gustav Preller in De Volkstem. Onder die naam Vaalswaer skryf hy anekdoties-didaktiese herinneringe, wat aanvanklik in 1916 as ’n reeks in Die Brandwag verskyn, waarna dit later gebundel word as Herinneringe van ’n jagter. Hierdie verhale gee eerder waarnemings en bepeinsings van die jagter weer as opwindende jagavonture, hoewel hy ook anekdotes deur die verhale vleg.
Jaar | Publikasies |
---|---|
1916 | Herinneringe van ’n jagter |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.