From Wikipedia, the free encyclopedia
Die hoefyster-valkvis (Paracirrhites arcatus) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Horseshoe hawkfish.
Hoefyster-valkvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Paracirrhites |
Spesie: | P. arcatus |
Binomiale naam | |
Paracirrhites arcatus (Cuvier, 1829) | |
Die vis word tot 14cm lank. Die kop en lyf is rooibruin met 'n wit streep langs die agterste gedeelte van die sylyn. Daar is 'n prominente oranje, rooi met ligblou boogvormige merk langs die oog. Daar is ook drie oranje merke op die onderste gedeelte van die kieue deksel. By die onvolwasse vissies mag die wit streep afwesig wees. Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 10 tot 35m diep is. Hulle is alleenlopers vreet skaaldiere en klein vissies.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.