goewerneur van verskeie Britse kolonies, waaronder die Kaapkolonie (1815-1898) From Wikipedia, the free encyclopedia
Sir Henry Barkly (Londen, 24 Februarie 1815 - Londen, 20 Oktober 1898) was goewerneur van verskeie Britse kolonies, waaronder die Kaapkolonie.
Sir Henry Barkly | |
4de Goewerneur van Brits-Guyana | |
Ampstermyn 12 Februarie 1849 – 11 Mei 1853 | |
Voorafgegaan deur | Henry Light |
---|---|
Opgevolg deur | Philip Wodehouse |
Goewerneur van Jamaika | |
Ampstermyn 1853 – 1856 | |
Voorafgegaan deur | Charles Edward Grey |
Opgevolg deur | Charles Henry Darling |
2de Goewerneur van Victoria | |
Ampstermyn 26 Desember 1856 – 10 September 1863 | |
Voorafgegaan deur | Charles Hotham |
Opgevolg deur | Charles Darling |
10de Goewerneur van Mauritius | |
Ampstermyn 21 Augustus 1863 – 3 Junie 1870 | |
Voorafgegaan deur | William Stevenson |
Opgevolg deur | Arthur Hamilton-Gordon |
14de Goewerneur van die Kaapkolonie | |
Ampstermyn 31 Desember 1870 – 31 Maart 1877 | |
Voorafgegaan deur | Philip Wodehouse |
Opgevolg deur | Henry Bartle Frere |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 24 Februarie 1815 Highbury, Middlesex,, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Sterf | 20 Oktober 1898 Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Eggenoot/-note | Elizabeth Helen Timins (1840–1857) Anne Maria Pratt (1860–1898) |
Barkly se vader was Aeneas Barkly van New Brunswick, Kanada. Van 1845 - '48 dien hy in die Britse Laerhuis as lid vir Leominister en daarna as goewerneur van Brits-Guinee tot 1853, waarna hy 'n soortgelyke pos in Jamaika beklee tot 1856. Aan die ander kant van die wêreld dien daarna tot 1863 as goewerneur van die Australiese kolonie Victoria en net daarna as goewerneur van Mauritius tot 1870.
In daardie jaar verplaas die Britse goewerneur hom na die Kaap waar hy tydens sy sewe opwindende jare die moeilike taak gehad het om die ontdekking van diamante in Griekwaland-Wes te behartig. Hy het onder meer te kampe gehad met 'n opstand van delwers aan die Vaalrivier. In 1871 verklaar hy Griekwaland-Wes tot Britse besitting en daarna dra lord Carnarvon, Britse koloniale sekretaris, dit aan Barkly op om die onwillige inwoners van die twee Suid-Afrikaanse kolonies en twee Boererepublieke te oorreed van die wenslikheid van federasie. Dié voorstel was sy tyd egter ver vooruit.
Hy tree in 1878 af en word daarna 'n direkteur van die Standard Bank. Die dorpe Barkly-Oos en Barkly-Wes, asook die Barklypas is na hom vernoem.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.