Halternek is 'n styl van vrouekleredrag wat strek vanaf die voorkant van die kleed om die agterkant van die nek, maar laat die meeste van die rug ontbloot.[1] Die naam is afkomstig van beeshalters.[2]

Thumb
Verskillende style van halternekklere.

Die halterstyl word gebruik met swemkostuums om die sonblootstelling op die rug te maksimaliseer en sonbrandstrepe te verminder. Dit word ook gebruik vir rokke of hemde, om 'n kaalrugrok te skep. Die nekband kan selfs bedek word deur die draer se hare, wat die indruk van agter skep dat daar niks is wat die rok bo hou nie.

Indien 'n bra gedra word met 'n haltertop, is dit oor die algemeen óf bandjieloos of self van halternekkonstruksie, om sodoende die blootstelling van die skouerbande van 'n tipiese bra te verhoed. Dit word volgens openbare etiket as 'n duidelike nee-nee beskou om 'n halternekrok, saam met 'n gewone bandjiesbra wat oor die skouers uitsteek, te dra.

Thumb
'n Lang halternekrok in 1949

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.