From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Grysklimmuis (Dendromus melanotis) kom in feitlik die hele Suid-Afrika voor, uitsluitende die sentrale Karooarea. Die knaagdier kom ook in Botswana, Zimbabwe en Mosambiek voor.
Grysklimmuis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Mammalia |
Orde: | Rodentia |
Familie: | Nesomyidae |
Genus: | Dendromus |
Spesie: | D. melanotis |
Binomiale naam | |
Dendromus melanotis (Smith, 1834) | |
Die grysklimmuis is asvaal met 'n dowwe donker dorsale streep en 'n donker kol op die voorkop. Die diertjie word tot 15cm lank en weeg ±8g.
Hulle woon in lang gras en digte plantegroei en bou klein, balvormige neste van dun gras net bokant die grondvlak. Hulle eet grassade en insekte soos motte en krul hul lang sterte om grashalms om hul te stabiliseer wanneer hulle kos soek. Daar word 2 - 8 kleintjies in die somer gebore.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.