From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Groot-Sandwoestyn is 'n tussentydse Australiese biostreek,[1][2] wat in die noord-weste van Wes-Australië geleë is, by die Pilbara- en suidelike Kimberley-streke. Dit is die 2de grootste woestyn in Australië naas die Groot Victoriawoestyn, en beslaan 'n oppervlak van 284 993 km².[3][4]
Die Gibsonwoestyn lê na die suide, en die Tanamiwoestyn lê na die ooste.
Die Groot-Sandwoestyn het groot duinseë (ook bekend as Ergs) en bestaan dikwels uit longitudinale duine. In die noordooste van die woestyn is daar 'n baie bekende meteoriet impakkrater, die Wolfe Creek krater.
Die streek is baie ylbevolk, met die bevolking wat hoofsaaklik uit inheemse Australiese gemeenskappe en myngemeenskappe bestaan. Die inheemse Aboriginiese bevolking bestaan hoofsaaklik uit 2 groepe, die Martu-stam in die weste, en die Pintupistam in die ooste.
Die inheemse bevolking is sprekers van verskeie Westelike Woestyntale. Baie van die inheemse bevolking was gedurende die 20ste eeu onder dwang van hulle grondgebiede verwyder, en na nedersettings soos Papunya in die Noordelike Gebied verskuif.
Van die oorspronklike bevolking het onlangs begin terugkeer na hierdie areas. Jong inheemse volwassenes van die Groot Sandwoestyn reis na en werk in die Wilurarra Skeppingsprogram om hul kultuur te onderhou en ontwikkel.[5]
Reënval langs die kus en verre noorde is laag, en hoogs seisoenaal. Areas naby die Kimberley-gebied het 'n gemiddelde reënval wat 300 mm/jaar oorskry, maar is is wisselvallig, en val kollerig.
Baie droogtejare eindig met 'n monsoon wolkmassa of tropiese siklone. Soos baie Australiese woestyne, is die reënval hoog volgens woestynstandaarde, met die droogste dele wat reënvalsyfers net onder 250 mm per jaar aanteken. 'n Baie hoë verdampingskoers kanselleer egter die relatiewe hoë reënval uit. Hierdie streek veroorsaak lae hittesones, wat die NW monsoon aandryf. Bykans al die reën kom van die monsoon donderstorms of tropiese siklone wat af en toe voorkom.
Oor die grootste gedeelte van die area vorm donderstorms ongeveer 20-30 keer per jaar, maar in die Kimberley-gebied is die gemiddeld 30-40 dae per jaar.
Somer dagtemperature is van die hoogste in Australië, met temperature op die noordelike grense naby Halls Creek wat by 37-38°C is, (maar naby die onderste punt van die skaal is), terwyl streke verder suid kan verhoog na 38-42°C wanneer daar nie monsoonwolke is nie.
Verskeie mense het al in hierdie gebied gesterf nadat hulle voertuie in afgeleë areas gaan staan het.
Die winter is kort en warm, met temperature wat wissel vanaf 25-30°C. Ryp kom gewoonlik nie voor nie, behalwe in streke wat die Gibsonwoestyn in die suidooste begrens wat 'n paar keer per jaar ligte ryp kan kry. Die winternagte kan koud wees in areas wat nie naby die kus is nie.
Inheemse kuns is 'n groot industrie in sentraal-Australië. Myne soos die Telfer-goudmyn (een van die grootste goudmyne in Australië) en Nifty-kopermyn, asook veestasies word in die weste van die gebied gevind. Die Kintyre-uraanafsetting is suid van Telfer geleë.
Die plantegroei van die Groot-Sandwoestyn word deur spinifex gedomineer.[6]
Diere wat in die omgewing voorkom, sluit dingos, goannas (insluitende die groot perentie), bilbies, mulgara, buidelmol, rufous hare-wallaby, doringduiwel (Engels: Thorny Devil), bebaarde draak (Engels: bearded dragon), rooi kangaroo, 'n groot verskeidenheid voëls en akkedisse, asook Australiese wildekamele in.
Van die voëllewe in die woestyn sluit die skaars Alexandra-pappegaai, die Mulga-pappegaai en die skarlakenbors-pappegaai in.[7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.