From Wikipedia, the free encyclopedia
Die gesproete valkvis (Paracirrhites forsteri) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan, meer spesifiek die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Blackside hawkfish.
Gesproete valkvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Paracirrhites |
Spesie: | P. forsteri |
Binomiale naam | |
Paracirrhites forsteri (Schneider, 1801) | |
Die vis word tot 22cm lank en is een van die grootste van die valkvisse. Die vis kleur varieer maar oor die algemeen is die voorste gedeelte van die lyf rooi- of donkerbruin. Die lyf word meer donkerder na die agterkant toe. Daar is 'n breë wit tot geel horisontale streep deur die middel van die sye en daar is ook een net onder die dorsale vin. Die kop is bedek met digte klein rooi tot swart spikkels. Die onvolwasse visse varieer ook maar is oor die algemeen rooibruin en meer donkerder na die agterkant. Die pens is wit.
Die vis leef in rotsagtige gebiede en aflandige riwwe in water wat 6 tot 35 m diep is. Hulle alleenlopers en word gesien net bo koraal takke vanwaar hulle klein vissies en skaaldiere aanval.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.