From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Gereformeerde kerk Olifantshoek is die derde oudste gemeente in die GKSA se Klassis Griekwaland-Wes. Einde 2015, toe hier 89 belydende en 18 dooplidmate was, was dit die agste kleinste van die 15 gemeentes in dié Klassis. Dis ’n geringe toename vergeleke met einde 2001, toe die getalle 80 en 17 was.
Gereformeerde Kerk Olifantshoek | ||
Sluit in | Olifantshoek | |
Klassis | Griekwaland-Wes | |
Huidige predikant(e) | S.F.F. (Steve) van der Walt | |
In kombinasie met | Kathu | |
Belydende lidmate | 80 | |
Dooplidmate | 25 | |
Adres | Van Riebeeckstraat Olifantshoek | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 23 April 1921 | |
Afgestig van | Postmasburg | |
Eerste predikant | J.L. van der Merwe (1930–'39) |
Eredienste is reeds van 1912 af op die plaas Gamyana en later in die pakkamer van Van Druten se winkel op Olifantshoek gehou. Op Saterdag 18 Oktober 1919 is die hoeksteen van die kerkgebou gelê waarop Afrikaanse bewoording vir die eerste keer voorkom: "Dit is van die Here geskied, dis lieflik voor ons oë" (Psalm 118:23). Op 23 April 1921 het die Gereformeerde kerk Olifantshoek dan ook van Postmasburg afgestig.
Verskillende kombinasies is gesluit: eers met Postmasburg op 5 November 1921 en daarna met Kuruman op 11 Oktober 1929. Van 1950 af was Olifantshoek in kombinasie met Daniëlskuil, later met Upington en eindelike met Sishen (later Kathu genoem). Tot in 2001 kon die gemeente hul eie predikant onderhou, maar sedertdien is hulle weer in kombinasie met Kathu.
Ten spyte van die moeilike depressie- en oorlogsjare kon die gemeente mettertyd die bouskuld aflos. Aan die begin was daar net agt eredienste per jaar, maar dit het toegeneem tot ’n erediens elke Sondag van 2008 af met die predikant wat om 09:00 die erediens lei op Kathu en om 11:00 op Olifantshoek. Leesdienste is vir die eerste keer in 1945 ingestel.
In 1963 is die kerkgebou vergroot in ’n tyd toe die sieletal sowat 380 was, vergeleke met die huidige (2015) 107. Hierdie projek is so beplan dat dit geensins afbreuk gedoen het aan die gebou se geskiedkundige voorkoms nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.