George Berkeley
Ierse filosoof van Engelse afkoms en 'n Anglikaanse biskop From Wikipedia, the free encyclopedia
Ierse filosoof van Engelse afkoms en 'n Anglikaanse biskop From Wikipedia, the free encyclopedia
George Berkeley (Kilkenny, 12 Maart 1685 – Oxford, 14 Januarie 1753) was 'n Ierse filosoof van Engelse afkoms en 'n Anglikaanse biskop. Hy staan dus soms ook bekend as Biskop Berkeley. Hy word as die grondlegger van die spiritualistiese of subjektiewe idealisme beskou.
George Berkeley | |
Portret van George Berkeley deur John Smybert, 1727 | |
Gebore | Kilkenny, Ierland | 12 Maart 1685
---|---|
Oorlede | 14 Januarie 1753 (op 67) Oxford, Engeland |
Burgerskap | Ierland |
Nasionaliteit | Ierland |
Vakgebied | Christendom, metafisika, epistemologie, taal, wiskunde, persepsie |
Alma mater | Trinity College, Dublin |
Bekend vir | Subjektiewe idealisme, meester argument |
Beïnvloed deur | John Locke, Isaac Newton, Nicolas Malebranche |
Invloed op | David Hume, Edmund Burke, Immanuel Kant, Thomas Reid, Arthur Schopenhauer, John Stuart Mill, Ernst Mach, A.J. Ayer, Jorge Luis Borges, Samuel Beckett, Francis Bowen, Borden Parker Bowne |
Berkeley het belangrike kritiek op die idee van infinitesimale in kalkulus gelewer, wat hy as die spoke van vergane hoeveelhede beskryf het. Destyds het daar onsekerheid geheers oor die presiese eienskappe van hierdie nietig-klein waardes, en konsepte soos grenswaardes (limiete) was nog net intuitief en informeel. Die wiskundiges van die era (Newton, Leibniz ens) het egter die onweerlegbare resultate van hul berekeninge voorgehou as bewys dat die grondbeginsels reg moet wees, en Berkeley het hierdie redeneringswyse gekritiseer. Sy kritiek, en die van mense na hom, het wiskundiges deur die eeue heen aangespoor om 'n formeler basis vir analise te skep, iets wat eers met Weierstrass se werk in die 19e eeu voldoende bereik is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.