From Wikipedia, the free encyclopedia
Gamma Aquarii (afgekort as γ Aqr), tradisioneel bekend as Sadachbia,[6] is ’n dubbelster in die sterrebeeld Waterdraer. Dit is sowat 164 ligjare van die Son af geleë en het ’n skynbare magnitude van 3,849,[3] wat dit een van die helderste sterre in die sterrebeeld maak.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Gamma Aquarii
| ||||
Die ligging van γ Aquarii (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Waterdraer | |||
Bayer-naam | γ Aquarii | |||
Spektraaltipe | A0 V[1] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 22h 21m 39.37542s[2] | |||
Deklinasie | -01° 23′ 14.4031″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,849[3] | |||
B-V-kleurindeks | -0,060[3] | |||
U-B-kleurindeks | -0,092[3] | |||
Besonderhede | ||||
Temperatuur (K) | 10 500[4] | |||
Ander name | ||||
Sadalachbia, Sadachbia, 48 Aquarii, ADS 15864, BD-02°5741, FK5 842, HD 212061, HIP 110395, HR 8518, SAO 146044.[5] | ||||
|
Gamma Aquarii is die primêre of A-komponent van ’n dubbelster met die naam WDS J22217-0123.[7] Die sekondêre of B-komponent is UCAC2 31430071.[8] Gamma Aquarii A se twee komponente is dus bekend as WDS J22217-0123 Aa en Ab.
Gamma Aquarii A lyk soos ’n A-tipe ster met 'n klassifikasie van A0 V[1] en ’n massa van sowat twee en ’n half keer dié van die Son.[9]
Dit tol relatief vinnig, teen sowat 80 km/s-1.[10] Die buitenste atmosfeer straal energie uit teen ’n effektiewe temperatuur van 10 500 K,[4] wat byna twee keer die temperatuur van die Son se oppervlak is. Dit gee Gamma Aquarii die tipiese wit kleur van ’n A-tipe ster.
Die ster se Bayer-naam is "Gamma Aquarii" en sy Flamsteed-naam "48 Aquarii". WDS J22217-0123 A is sy naam in die Washington Double Star Catalog. Die tradisionele naam, "Sadachbia", kom van die Arabiese uitdrukking سعد الأخبية sa‘d al-’axbiyah, "geluk van die huise (tente)".
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Sadachbia" vir die komponent WDS J22217-0123 Aa goedgekeur[11] omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het eerder as aan stergroepe.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.