From Wikipedia, the free encyclopedia
Prof. Francois Frederik Odendal (1926–2013) was 'n Afrikaanse taalkundige en leksikograaf. Hy was die eerste hoogleraar in Afrikaanse taalkunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit en was van 1971 tot 2005 die hoofredakteur van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT).[1]
F.F. Odendal | |
---|---|
Gebore | Francois Frederik Odendal 28 Desember 1926 |
Sterf | 6 April 2013 (op 86) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Taalkundige, leksograaf |
Bekend vir | Outeur van die HAT |
Eggenoot | Estelle D. Terburgh |
Kinders | 2 dogters |
Odendal was dekades lank 'n lid, en later ook die voorsitter, van die Taalkommissie, die liggaam wat verantwoordelik is vir die opstel van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. In 1984 het die Taalkommissie onder sy voorsitterskap die vertalende Lys van klassieke eiename gepubliseer.
Hy het ook 25 jaar lank op die destydse komitee vir taaladvies van die SAUK gedien, waar hy 'n bydrae tot onder meer nuutskeppings gelewer het. Die C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap is in 1985 aan hom toegeken.
Van sy publikasies sluit in:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.