Fotochemie is dié vorm van chemie wat die absorpsie of emissie van fotone tydens die chemiese proses behels.

Dikwels speel 'n opgewekte elektroniese toestand van 'n atoom of molekule wat ontstaan deur absorpsie van 'n foton 'n rol in die chemiese reaksie. 'n Deel van die foton se energie kan tydens die reaksie in die produkte vasgelê word, maar die foton kan ook net 'n katalitiese rol speel.

'n Goeie voorbeeld van 'n fotochemiese reaksie is die reaksie van chloor met 'n alkaan soos metaan :

Hierdie reaksie vereis lig wat genoeg energie besit om die dichloormolekule in chlooratome te ontbind:

Die chlooratome is radikale wat vermag om 'n waterstofatoom aan die metaanmolekule te ontneem

Die metielradikaal is baie reaktief en reageer met 'n chloorradikaal om 'n monochlorometaanmolekule te vorm

Fotoëlektrochemie

Fotochemie kan ook met elektrochemie gekombineer word deur halfgeleiers as elektrodes te gebruik.

Bronne

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.