From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Fobie is 'n oorheersende en sinlose vrees wat met 'n bepaalde situasie of voorwerp verband hou wat normaalweg nie vreeswekkend behoort te wees nie. Fobies verskil van gewone vrees daarin dat hulle lank duur en sinloos is en dat die voorwerp of situasie wat die vrees uitlok, vermy word.
Eenvoudige fobies word gekenmerk deur 'n allesoorheersende vrees vir en die behoefte om te vlug van 'n spesifieke voorwerp of situasie. Hierdie voorwerpe of situasies sluit 'n wye verskeidenheid in, byvoorbeeld 'n vrees vir hoogtes (akrofobie), geslote ruimtes (kloustrofobie), oop ruimtes (agorafobie), water (akwafobie), diere (soöfobie), vuur (pirofobie) ensovoorts. Die angsontlokkende stimuli is feitlik onbeperk. Die vrees vir die getal 13 staan bekend as Triskaidekafobie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.