Federale Lugvaartadministrasie
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Federale Lugvaartadministrasie (kortweg FAA) van die Verenigde State van Amerika is 'n nasionale gesagsliggaam by magte om alle aspekte van burgerlike lugvaart te reguleer. Dit sluit in die konstruksie en werking van lughawens, lugverkeerbestuur, die sertifisering van personeel en vliegtuie, en die beskerming van Amerikaanse bates tydens die lansering en terugkeer van kommersiële ruimtevaartuie.
Federale Lugvaartadministrasie | |
---|---|
Wilbur Wrightgebou, hoofkwartier van die FAA | |
Agentskap oorsig | |
Stigting | 23 Augustus 1958 |
Voorafgaande agentskap | Civil Aeronautics Administration |
Jurisdiksie | Verenigde State van Amerika |
Hoofkantoor | Wilbur Wright-gebou Independencelaan 800 Washington, D.C. 38°53′14.31″N 77°1′19.98″W |
Jaarlikse Begroting | VS$ 15,96 miljard (2010) |
Agentskap bestuurder | Billy Nolen, Administrateur (wnd.) |
Toesighoudende departement | United States Department of Transportation |
Amptelike Webtuiste | |
http://www.faa.gov/ faa.gov |
Die FAA se hoofkwartier is in Washington, D.C.[1] sowel as die William J. Hughes Tegniese Sentrum in Atlantic City, New Jersey, Mike Monroney Lugvaartkundige Sentrum in Oklahoma City en sy nege streekskantore.
Die FAA verskaf lugverkeerbeheerdienste oor Amerikaanse grondgebied en oor internasionale waters waar gesag deur die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie gedelegeer is. Die kaart regs toon oorvliegfooistreke. Geel (onderweg) dek grondgebied, met uitsondering van Hawaii en sommige eilandgebiede, maar ook die meeste van die Beringsee, sowel as Bermuda en die Bahamas. Die ligblou streke is waar die VSA hul lugverkeerbeheerdienste oor internasionale waters voorsien (Hawaii, sommige Amerikaanse eilandgebiede, en 'n paar klein veraf eilande).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.