From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Eriniërs (Grieks: Ἐρινύες) of wraakgodinne was in die Griekse mitologie chtoniese godinne van wraak of die woede van die afgestorwenes. Toe die Titaan Kronos sy vader, Uranos, ontman en sy genitalieë in die see gegooi het, het die Eriniërs uit die bloeddruppels ontstaan, terwyl Afrodite uit die seeskuim gebore is.
Daar word gewoonlik nie genoem hoeveel daar van hulle was nie, maar soms was daar drie. Hulle het slange op hulle kop gehad en bloed het uit hul oë gedrup. Soms het hulle die vlerke van ’n vlermuis of ’n voël gehad en die lyf van ’n hond.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.