klimaatsverskynsel wat in die Stille Oseaan voorkom From Wikipedia, the free encyclopedia
El Niño (/ɛl
Ontwikkelende lande wat staatmaak op hul eie landbou en visvang, veral diegene wat aan die Stille Oseaan grens, word gewoonlik die meeste geraak. In Spaans, beteken die term El Niño "die seun". In hierdie fase van die ossillasie is die poel warm water in die Stille Oseaan naby Suid-Amerika op sy warmste rondom Kersfees-tyd.[4] Die oorspronklike frase, El Niño de Navidad, het eeue gelede ontstaan, toe Peruaanse vissers die weerverskynsel na die Christuskind vernoem het.[5][6] La Niña, gekies as die "teenoorgestelde" van El Niño, is Spaans vir "die meisie".
Die naam El Niño is aanvanklik in die negentiende eeu gebruik vir ’n seestroom wat naby Suid-Amerika ontspring het, maar later het wetenskaplikes die naam begin gebruik om die verskynsel te beskryf wat die gevolg is van die interaksie tussen die atmosfeer en die tropiese Stille Oseaan. Waar die winde gewoonlik van oos na wes waai (van ’n hoëdrukkern naby die kus van Suid-Amerika na ’n laedrukgebied naby Indonesië), ontwikkel ’n buitengewoon sterk en hardnekkige stroom warm water naby Peru en Ecuador. Lugdruk val in die oostelike Stille Oseaan en verhoog in die westelike deel, wat gevolg het dat die oos-na-wes-winde verswak en selfs in trurat gaan. Daarna ontstaan klimaatsveranderinge wat onder meer reënvalpatrone raak: sommige dele is abnormaal nat en ander (soos gewoonlik die geval is met Suid-Afrika) droër.
El Niño kom gewoonlik elke tweede tot sewende jaar voor en word deur verskeie lande gevrees. Volgens navorsing beïnvloed dié verskynsel waarskynlik reeds die wêreld minstens 5 000 jaar lank en is daar tekens dat ’n eens florerende Egipte sowat 2000 v.C. op sy knieë gedwing is deur ’n reeks droogtes. In ander gebiede, soos China, was daar in 2000 v.C. weer geweldige vloede.
Wat die afgelope dekades betref, het verskeie El Niño’s al miljarde rande se skade aangerig deur droogtes en terselfdertyd vloede in ander wêrelddele. So word die El Niño’s van 1982/’83 en 1997/’98 as die ergstes in die onlangse jare geag: derduisende mense is dood, miljarde rande se oesskade is aangerig deur droogte en ’n oormaat reën en vloede het strukture en infrastruktuur erg beskadig. Die El Niño van 1957/’58 word ook as een van die rampspoedigstes van die afgelope eeu beskou, met die 1972/’73- El Niño ook op almal se lippe.
Die kragtige El Niño van 1877/’78 in die negentiende eeu het die wêreld waarskynlik op soortgelyke wyse beïnvloed en miljoene mense se dood veroorsaak en erge ellende wêreldwyd veroorsaak.
Hoewel die El Niño nog nie heeltemal verklaar of voorspel kan word nie, is daar al ander faktore geïdentifiseer wat tot die vorming kan bydra. Navorsers meen byvoorbeeld dat die voorafgaande El Chicón-vulkaanuitbarsting in Meksiko tot die vorming van die kragtige El Niño in 1982/’83 kon bygedra het deur die atmosferiese sirkulasie te verswak wat oseaansirkulasie aandryf. Die uitbarsting van Mount Pinatubo in die Filippyne in 1991 het waarskynlik ’n soortgelyke uitwerking op klimaatpatrone en die vorming van die El Niño kort daarna gehad.
Die Noorweegs-Amerikaanse meteoroloog Jacob Bjerknes het eers in die laat-vyftigerjare van die vorige eeu rigting gegee aan teorieë oor die verband tussen winde en seeverwarming in die Stille Oseaan, maar die internasionale media wou tot in die tagtigerjare nog nie aan sy en ander wetenskaplikes se teorieë byt nie. Eers in die middel-tagtigerjare is baie van die geheimenisse van die verskynsels uitgepluis en statistieke saamgestel van El Niño’s wat waarskynlik al eeue lank met erge droogtes en vloede saamgeval het maar hom minstens in die afgelope eeu as ’n groot weerverskynsel gevestig het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.