Remove ads

Alamein of El Alamein[1] (Arabies: العلمين, "Die twee vlae") is 'n dorp in die noorde van Egipte aan die Middellandse See. Dit lê 106 kilometer wes van Alexandrië en 240 kilometer noordwes van Kaïro. El Alamein het 7 397 inwoners (2007).

Kitsfeite El Alamein ‏العلمين, Land ...
El Alamein

‏العلمين
Thumb
Die hawe van El Alamein, Porto Marina
Thumb
El Alamein
El Alamein
Koördinate: 30°50′00″N 28°57′00″O
LandVlag van Egipte Egipte
Governorate Matrouh
Bevolking
  Totaal7 397
TydsoneUTC+2 (EST)
Sluit

Die dorp is bekend as die plek waar die Geallieerde magte, gelei deur veldmaarskalk Bernard Montgomery, 'n belangrike slag tydens die Tweede Wêreldoorlog teen Nazi-Duitsland en Italië gewen het. Die Duitse en Italiaanse Afrikakorps onder leiding van Erwin Rommel verloor 59 000 man (gedood, gewond en krygsgevangenes), terwyl die Britse 8ste leër 13 000 man verloor het. Die Duitsers het ook die grootste deel van hul tenks gedurende hierdie 12-dagse veldslag verloor. Dit was die eerste veldslag wat Duitsland sedert die Slag om Brittanje verloor het.

Thumb
Britse infanterie tydens die bestorming van El Alamein.

El Alamein beskik oor 'n museum wat die slag gedenk en die gebeure wat daar afgespeel het dokumenteer.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.

Remove ads