From Wikipedia, the free encyclopedia
Eksperimentele musiek is 'n aantal soorte musiek wat wegbreek van die gewone idees van wat musiek eintlik behoort te wees. As sodanig vorm dit 'n subvorm van wat algemeen na verwys word as die avant-garde, 'n innovasie wat hom vanaf die begin van die 20ste eeu in alle kunsvelde, insluitend musiek, gemanifesteer het.
Die komponis Arnold Schoenberg word allerweë beskou as die een wat hierdie tendens aan die begin van die 20ste eeu begin het. Van die mense wat hierdie musiekstyl voortgesit het, is Igor Stravinsky, Arthur Honegger, Alban Berg en Karlheinz Stockhausen. 'n Paar dekades later het die Amerikaner John Cage seker gemaak eksperimentele musiek as 'n genre word ernstig opgeneem.
Soos met ander kunsstyle wat die grense van ’n genre verskuif, is daar min konsensus – selfs nie onder praktisyns nie – oor wat die grense van eksperimentele musiek is. Aan die een kant is dit 'n uitbreiding van tradisionele musiek, wat onkonvensionele instrumente, gewysigde instrumente, scordatura, geraas, klank, en ander innoverende elemente by bestaande stukke voeg. Aan die ander kant is daar optredes en opnames wat die meeste luisteraars nie eens as musiek sal beskou nie.
Sommige vorme van eksperimentele musiek gebruik ook alternatiewe vir die tradisionele vorme van musieknotasie.
Kringbuiging is 'n eksperimentele vorm van elektroniese musiekmaak. Deur kortsluitings in elektroniese velde te maak, kan spesiale klankvervormings voorkom. Die Japannese Toshimaru Nakamura speel byvoorbeeld 'n musikale klankbord op hierdie manier.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.