Eenstreepmuis
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Eenstreepmuis (Lemniscomys rosalia) kom in die ou Transvaalgebied en KwaZulu-Natal van Suid-Afrika, Zimbabwe, Mosambiek en die noorde van Namibië voor.
Eenstreepmuis | |
---|---|
'n Naverwante soort | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Lemniscomys |
Spesie: | L. rosalia |
Binomiale naam | |
Lemniscomys rosalia (Thomas, 1904) | |
Die knaagdier se kleur wissel van 'n bleek, grysbruin in die droë gebiede tot oranjebruin in hoëreënvalgebiede. Die enkele streep op sy rug is kenmerkend. Die diertjie word tot 27 cm lank en weeg ±60 g.
Hulle verkies om in grasryke dele van die bosveld of droë bossieveld te woon. Die eenstreepmuis is daglewend en 'n alleenloper. Hulle grawe gate onder ou platgevalde gras of by die basis van 'n struik. Hulle gebruik ook uitgetrapte paadjies na hul weigebied. Daar word 2 tot 5 kleintjies gebore van September tot Maart en hulle eet gras en sade.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.