From Wikipedia, the free encyclopedia
Die donkerspikkelrug (Pseudochromis melas) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Dark dottyback.
Donkerspikkelrug | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Pseudochrominae |
Genus: | Pseudochromis |
Spesie: | P. melas |
Binomiale naam | |
Pseudochromis melas Lubbock, 1977 | |
Die vis word slegs 9 cm lank en kom in twee kleur variasies voor. Die eerste variasie is waar die vis se lyf donkerblou is terwyl by die tweede variasie is die kop en rug donkerblou terwyl die sye liggeel is met 'n geel stertvin. Die vis het 'n lang lyf met 'n blou kol met 'n geel rant op die boonste kant van die kieue deksel.
Die vis leef in aflandige koraalriwwe, veral waar daar 'n mengsel van sand en rots is, in water wat 25 tot 40m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopers en dwaal nooit ver van hulle skuiling weg nie. Hulle vreet soöplankton en klein ongewerweldes. Die spesie is seldsaam.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.