Dicaea of Dikaia (Grieks: Δικαία of Δίκαια), ook bekend as Dikaiopolis (Grieks: Δικαιόπολις)[1] was 'n Griekse [2] kusdorp geleë op die kus van Thracië by die Vistonida-meer in die land van die Bistoniërs. Stefanus van Bisantium het geskryf dat die dorp sy naam neem van Dicaeus (Grieks: Δίκαιος), seun van Poseidon.[3]
Dit wil voorkom asof die plek reeds teen 'n vroeë tydperk vervalle was.[4][5][6] [7][8][9] In die 19de eeu het William Hazlitt geskryf dat die perseel dié van die latere Stabulum Diomedis ('Diomedes se stal') was[10] waar Theodorik Strabo in 481 n.C. gesterf het.[11] Moderne skolastici verwerp egter hierdie identifikasie en identifiseer Stabulum Diomedis met Tirida.
Dicaea se perseel lê omtrent 3.2 km wes van Mese, Griekeland.
An Inventory of Archaic and Classical Poleis: An Investigation Conducted by The Copenhagen Polis Centre for the Danish National Research Foundation, deur Mogens Herman Hansen,2005,Index
Die Geskiednisse deur Herodotus. Carolyn Dewald en Robin Waterfield, 2008, p. 442: "... bed of the Lisus, Xerxes passed the Greek towns of Maronea, Dicaea, and Abdera. His route also took him past a ..."; Herodotus, Geskiednisse. Vol. 7.109
Periplus van Pseudo-Scylax p. 27 (Die Periplus van Pseudo-Scylax is 'n antieke Griekse "periplus" (περίπλους períplous, 'omseiling' of 'omvaring') wat die seeroete om die Middellandse See en Swart See beskryf. Dit dateer waarskynlik uit die middel van die 4de eeu v.C., spesifiek die 330's, en is waarskynlik by of naby Athene geskryf. Die skrywer daarvan word dikwels ingesluit onder die geledere van 'mindere' Griekse geograwe. Daar is net een manuskrip beskikbaar, wat ongeveer 1500 jaar ouer is as die oorspronklike werk. Die skrywer se naam is geskryf Pseudo-Scylax of Pseudo-Skylax, dikwels afgekort as Ps.-Scylax of Ps.-Skylax.); Strabo. Geographica. Vol. vii. p. 331. Bladsynommers verwys na die van Isaac Casaubon se uitgawe.
'n Periplus of periplous is op sy beurt 'n manuskripdokument wat hawens en kuslandmerke in volgorde lys (met benaderde tussenliggende afstande) wat die kaptein van 'n vaartuig kan verwag om langs 'n kus te vind. In daardie opsig was die periplus 'n soort skeepsjoernaal wat dieselfde doel gedien het as wat die latere Romeinse "itinerarium" ten opsigte van padstoppe gedien het. Die Griekse seevaarders het egter verskeie notas bygevoeg wat, indien hulle professionele geograwe was, soos wel die geval met baie was, deel geword het van hul eie toevoegings tot die Griekse geografie. Die periplus is minstens so oud soos die vroegste Griekse historikus, die Ioniër Hekataios van Milete. Die werke van Herodotus en Thukydides bevat gedeeltes wat blykbaar gebaseer is op "peripli".
Strabo, Geographika. Vol, vii. p. 331
Stefanus van Bisantium. Ethnica. Vol. s.v.
Plinius, Naturalis Historia. Vol. 4.18.
William Hazlitt (1851). The Classical Gazetteer. Vol. p. 135.
Marcellinus Comes, 481.1.
40°59′34″N 25°09′56″O