From Wikipedia, the free encyclopedia
Cygwin is 'n versameling vrye programmatuur-hulpmiddele wat oorspronklik deur Cygnus Solutions ontwikkel is om verskeie Microsoft Windows-weergawes in staat te stel om soortgelyke ondersteuning as 'n Unix-stelsel te lewer. Die hoofdoel daarvan is om programmatuur, wat vir POSIX-versoenbare stelsels (soos Linux, BSD en Unix) ontwikkel is, na die Windows-platform oordraagbaar te maak, terwyl die moeite byna beperk word tot die heropstelling van daardie stelsels op Windows. Programme wat met Cywin oorgedra word werk die beste op Windows NT, Windows 2001, Windows XP en Windows Server 2003, maar sommiges kan bevredigend uitgevoer word op Windows 95 en Windows 98. Cygwin word tans onderhou deur die werknemers van Red Hat, Netapp en andere. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat alhoewel Cygwin header-lêers en kodeversamelings gebruik wat dit makliker maak om *nix-toepassings vir gebruik op Windows her saam te stel, dit nie Windows binêre programme direk versoenbaar maak met *nix binêre programme nie.
Cygwin | |
Cygwin in werking, insluitend Cygwin / X, onder Windows XP | |
Skrywer | Cygnus Solutions |
---|---|
Ontwikkelaar | Cygnus Solutions, Red Hat, andere |
Aanvanklike vrystelling | 1995 |
Nuutste weergawe | 2.3.0-1/ 9 November 2015 |
Programmeertaal | C/C++ |
Bedryfstelsel | Microsoft Windows |
Kategorie | laag verenigbaarheid |
Lisensie | GNU GPLv3 |
Webblad | cygwin.com |
Cygwin bestaan uit 'n versameling kode wat die POSIX stelselbevele omskakel na Win32 stelselbevele, 'n GNU ontwikkelingsketting (soos die GNU Compiler Collection en die GDB om basiese programmatuurontwikkeling moontlik te maak asook 'n groot versameling toepassingsprogramme soortgelyk aan dié wat algemeen op Unix stelsel gevind kan word. Op hierdie stadium is bykans alle bekende vrye programmatuur op Unix na Cygwin omgeskakel, insluitende die X Windows-stelsel, KDE, Gnome, Apache, TeX en verskeie andere. 'n Meganisme wat geskep is vir die installering van inetd, syslogd, sshd, Apache en andere daemone sodat hulle as standaard Windows dienste kan optree, wat 'n Microsoft Windows stelsel in staat stel om baie soos 'n Unix of 'n Linux-bediener op te tree. Al hierdie programme word geïnstalleer deur die standaard Cygwin opstelprogram, wat die nodige pakette vanaf die Internet aflaai. Die opstelprogram kan weer gehardloop word om programme na hulle nuutste weergawes op te dateer soos benodig of hulle dan by te voeg of te verwyder. Verskeie ander kenmerke word ook deur die opstelprogram verskaf, soos onder ander die vermoë om die bronkode saam met die binêre weergawe te installeer.
'n Groot klomp moeite is gedoen om koppelvlakke te verskaf om konsepte wat in Unix en Windows van mekaar verskil met mekaar in verband te bring. Voorbeelde sluit in:
Die weergawe van die gcc wat saam met Cygwin verskaf word het verskeie uitbreidings vir die skep van Windows DLL'e, vir die spesifiseer van 'n program as 'n windows- of konsolemodus program, die byvoeging van hulpbronne ens.
Ondersteuning vir die saamstel van MinGW-versoenbare programme (d.w.s, programme wat nie vereis dat Cygwin geïnstalleer moet wees om te hardloop nie, of meer spesifiek, programme wat nie Cygwin se CYGWIN1.DLL wat die POSIX versoenbaarheidslaag verskaf, benodig nie).
Red Hat versprei normaalweg die Cygwin kodeversameling onder die GNU General Public License met die uitsondering wat die skakeling met enige vrye programmatuur waarvan die lisensie aan die Oopbron Definisie voldoen, toe te laat. (Red Hat verkoop ook kommersiële lisensies aan diegene wat programme wil versprei onder voorwaardes van uitsluitlike besitreg).
'n Mens kan by vele poslyste aansluit wat verband hou met Cygwin by die Cygwin Poslys blad.
Cygwin het in 1995 begin as 'n projek van Steve Chamberlain, 'n ingenieur by Cygnus wat opgemerk het dat Windows NT en 95 COFF gebruik as hulle objeklêerformaat en dat GNU reeds ondersteuning vir x86 en COFF asook die C funksieversameling, newlib, gebied het; wat dit dus teoreties nie baie moeilik sou maak om die GCC te verander om 'n samesteller te skep wat uitvoerbare programme vir Windows kon skep nie. Die vermoede is toe in die praktyk bevestig en is 'n prototipe vinnig ontwikkel.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Cygwin. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.