Amerikaanse duikbomwerper From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Curtiss SB2C Helldiver was 'n eenmotorige duikbomwerper wat deur die Amerikaanse Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig het sy nooiensvlug voltooi op 18 Desember 1940.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Curtiss SB2C Helldiver | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Curtiss-Wright |
Ontwerp deur | Don R. Berlin |
Nooiensvlug | 18 Desember 1940 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Amerikaanse Vloot |
Vervaardig | 1943-1945 |
Aantal gebou | 7 140 |
Die eerste prototipe XSB2C-1 is vernietig in 'n ongeluk die jaar nadat dit sy nooiensvlug op 18 Desember 1940 voltooi het. In November 1940 is die eerste bestelling van die Amerikaanse Vloot vir model SB2C-1 ontvang. Dit is later vermeerder totdat 978 vliegtuie afgelewer is, met die eerste vliegtuig wat in Junie 1942 afgelewer is.
Daar is ook later bestellings vir 1 112 SB2C-3's, 2 045 SB2C-4's en 970 SB2C-5's ontvang. Die SB2C-3 model was toegerus met die 1 900 perdekrag R-2600-20 Cyclone stermotor terwyl radar by die model SB2C-4 geïnstalleer is. Daar is ook voorsiening gemaak dat dié model ook 'n ekstra 454 kg bom of 8 5-duim vuurpyle kon dra. Die SB2C-5 was 'n SB2C-4 met 'n langer togafstand.
Die United States Army Air Forces het ook 900 Helldivers gekoop wat as die A-25A Shrike bekend gestaan het. Die vliegtuie is later na die Amerikaanse Marinierskorps oorgeplaas.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Wright R2600-8 Cyclone stermotor |
Kraglewering per motor | 1 700 perdekrag |
Vlerkspan | 15,15 m |
Lengte | 11,18 m |
Hoogte | 4,50 m |
Normale opstygmassa | 6 695 kg |
Maks. snelheid | 452 km/h op 3 780 m |
Operasionele hoogte | 7 529 m |
Togafstand | 3 050km |
Bewapening | Een 20mm kanon in elke vlerk, twee 0,30 masjiengewere agter in kajuit |
Bomvrag | Een 454 kg bom in bomlaai |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.