Muisvoëls is kleinerige voëls wat net in Afrika suid van die Sahara aangetref word. Die naam is afgelei van sowel die sagte, eintlik harige verekleed as die wyse waarop hulle tussen takkies rondkruip. Hierdie voëls het 'n lang kuif en 'n stywe, gepunte stert. Hulle vlieg pylreguit en gaan sit dan regop teen 'n boom, en slaap dikwels ook in hierdie posisie. Muisvoëls is versamelvoëls, hulle vlieg in klein groepies en is by uitstek vrugtevreters.
Coliiformes | |
---|---|
'n Witkruismuisvoël (Urocolius macrourus) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
(geen rang): | Strigimorphae |
Orde: | Coliiformes Murie, 1872 |
Familie: | Coliidae Swainson, 1837 |
Genera | |
Colius |
Muisvoëls vorm die biologiese familie Coliidae wat in twee genera onderverdeel word. Omdat muisvoëls nie naby aan ander voëlspesies verwant is nie, word hulle alleen in die orde Coliiformes geplaas.
Spesies
Van die spesies in die familie:
Genus Colius:
- Gevlekte muisvoël (Colius striatus)
- Witkruismuisvoël (Colius colius)
Genus Urocolius:
- Rooiwangmuisvoël (Urocolius indicus)
Sien ook
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Muisvoël.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.