From Wikipedia, the free encyclopedia
Charles Eugène Bertrand (* 2 Januarie 1851, † 18 Augustus 1917 in Parys) was 'n Franse plantkundige, paleobotanis en geoloog. Hy word onthou vir sy navorsing rakende die vorming van steenkool.
Charles Eugène Bertrand | |
Gebore | 2 Januarie 1851 Parys, Frankryk |
---|---|
Oorlede | 18 Augustus 1917 |
Nasionaliteit | Frans |
Vakgebied | Plantkunde, Paleobotanie, Geologie |
Instelling(s) | University of Lille, Archives botaniques du nord de la France |
Bekend vir | sy navorsing rakende die vorming van steenkool |
Beïnvloed deur | Joseph Decaisne, Pierre Paul Deherain. |
Invloed op | Paul Charles Édouard Bertrand |
Hy het in die wetenskap in Parys studeer, waar hy onder die invloed van die plantkundige Joseph Decaisne en plantfisioloog Pierre Paul Deherain gekom het. In 1874 behaal hy sy doktorsgraad in die wetenskap, en word later aangestel as professor in plantkunde aan die Universiteit van Lille (1878). Van 1881 tot 1887 was hy hoof van die Archives botaniques du nord de la France. [1]
Sedert 1878 was hy 'n lid van die Botaniese Vereniging van Frankryk (Société botanique de France). [2] Hy was die vader van die plantkundige Paul Charles Édouard Bertrand (1879-1944).
Die standaard-outeursafkorting C.E.Bertrand word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.