From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bruinburnie (Chaetodon blackburnii) is 'n vlindervis wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf KwaZulu-Natal en kom ook in Mauritius voor. Die onvolwasse vissies is al in Algoabaai gevind. Die vis word tot 14 cm lank en kom in koraal- en rotsriwwe voor in water wat tussen 1 en 70 m diep is. Die vis is geel aan die voorkant, met 6 tot 8 strepe wat uitstraal van agter die pektorale vinne, en is donker aan die stertkant. Daar is 'n vertikale band oor die oë wat strek tot teen die dorsale vin. Die bekkenvinne is geel terwyl die basis van die stert wit is. Hulle vaar nie goed in akwariums nie. In Engels staan die vis bekend as die Blackburne.
Bruinburnie | |
---|---|
'n Naverwante soort | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Chaetodon |
Spesie: | C. blackburnii |
Binomiale naam | |
Chaetodon blackburnii Desjardins, 1836 | |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.